Pendoring-toekennings bekroon die beste in die reklamebedryf
Marketing 107
Die skerpste dorings in die reklamebedryf was Vrydag, 24 Oktober in Midrand bekroon vir hulle uitmuntende bydrae tot die industrie by die jaarlikse Pendoring-toekennings, tog is party beoordeelaars van mening dat die gehalte van inskrywings hierdie jaar kort gesteek het.
By Elphia Baard
Japie Gouws, Besturende direkteur van die ATKV en voorsitter van die Pendoring-raad het aangekondig dat weens die afname in gehalte, niemand vanjaar met die hoof Prestige-toekenning ter waarde van R50 000 bekroon gaan word nie, maar dat dit by volgende jaar se prysgeld bygevoeg sal word.
King James (Kaapstad) die algehele wenner in die eg Suid-Afrikaanse afdeling, het die Umpetha-trofee en R20 000 losgeslaan, terwyl Judy Kriel van die Noordwes-Universiteit as die algehele studentewenner weggestap het.
Die reklame-agentskappe wat die meeste nominasies gehad het was in volgorde: Joe Public, Ninety9Cents Communications, OPENCO – The Open Collaboration en Ogilvy & Mather Johannesburg.
Die aand was aagebied deur Martin Bester van Jacaranda 94.2 en KykNET-aanbieder Rozanne McKenzie. Gaste was vermaak deur topgehalte optredes deur The Horizons, Karen Zoid, Jay en Nandi Mngoma.
Wenners van die 2014 Pendoring-Reklametoekennings:
Televisie/Rolprentteater (met ’n produksiebegroting onder R600 000. Geborg deur kykNET)
Geen toekenning
Video/Rolprent nie vir Algemene/Openbare Uitsending nie
Silwer
Titel: Zander
Agentskap: Ogilvy & Mather Johannesburg
Adverteerder: Pendoring 2013
Radio
Silwer
Titel: Hoekslypers
Agentskap: FCB 1886
Adverteerder: Cell C
Silwer
Titel: Wat sê die Jakkals?
Agentskap: FCB 1886
Adverteerder: Cell C
Koerante (Geborg deur Ads24)
Geen toekenning
Tydskrifte
Geen toekenning
Plakkate
Silwer
Titel: Hardloop, Heelal, Hakskene (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Produce Sound
Silwer
Titel: Blaaskans Bederwers (Swembad, Restourant) (Veldtog)
Agentskap: OPENCO - The Open Collaboration
Adverteerder: World Leisure Holidays
Digitale & Interaktiewe Kommunikasie (Geborg deur Media24)
Silwer
Titel: #YourLegendLivesOn
Agentskap: Ninety9Cents Communications
Adverteerder: Tassenberg
Oorspronklik Afrikaans (Geborg deur ATKV)
Goud
Titel: Hardloop, Heelal, Hakskene (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Produce Sound
Silwer
Titel: Apple-uitverkoping
Agentskap: Ninety9Cents Communications
Adverteerder: Digicape
Kleinhandel
Silwer
Titel: Apple-uitverkoping
Agentskap: Ninety9Cents Communications
Adverteerder: Digicape
Silwer
Titel: Hotel, Kegelbal (Veldtog)
Agentskap: FCB Kaapstad
Adverteerder: Musica
Vernuf
Goud
Vernuf: Illustrasie
Titel: Blaaskans Bederwers (Swembad)
Agentskap: OPENCO - The Open Collaboration
Adverteerder: World Leisure Holidays
Silwer
Vernuf: Illustrasie
Titel: Droomvakansie, Droomkar, Droomloopbaan (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Lovers Plus
Silwer
Vernuf: Illustrasie
Titel: Blaaskans Bederwers (Restourant)
Agentskap: OPENCO - The Open Collaboration
Adverteerder: World Leisure Holidays
Kommunikasie-Ontwerp
Geen toekenning
Lewende Gebeurtenisse & Aktiverings & Direkte Kommunikasie
Goud
Titel: Die Blink Projek
Agentskap: Blink Stefanus
Adverteerder: Blink Stefanus
Eg Suid-Afrikaans – Televisie
Goud
Titel: Picnic, Wedding (Veldtog)
Agentskap: Ogilvy & Mather Johannesburg
Adverteerder: MultiChoice DStv
Goud
Titel: The Reader
Agentskap: King James Kaapstad
Adverteerder: Bell’s Whisky
Goud
Titel: Giving
Agentskap: Black River F.C.
Adverteerder: First for Women
Silwer
Titel: Coke Bobby
Agentskap: FCB Johannesburg
Adverteerder: Coca-Cola Southern Africa
Eg Suid-Afrikaans – Radio
Silwer
Titel: Môre Oompie, Afrikaners is Plesierig, Jan Pierewiet (Veldtog)
Agentskap: DDB Suid-Afrika
Adverteerder: Wrigley Orbit
Eg Suid-Afrikaans – Vernuf
Silwer
Vernuf: Illustrasie
Titel: Mountains, Township, Football, Beach (Veldtog)
Agentskap: The Jupiter Drawing Room Johannesburg
Adverteerder: Safari Braai Products
Silwer
Vernuf: Kinematografie
Titel: The Reader
Agentskap: King James Kaapstad
Adverteerder: Bell’s Whisky
Eg Suid-Afrikaans – Algemeen
Goud
Titel: A Rainbow for the Rainbow Nation
Agentskap: FCB Johannesburg
Adverteerder: Coca-Cola Southern Africa
Silwer
Titel: Be the Most Famous You
Agentskap: TBWA\Hunt\Lascaris Johannesburg
Adverteerder: The Loeries Awards
Silwer
Titel: Cinemark Experience
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Cinemark
Silwer
Titel: Fossil Biscuits
Agentskap: M&C Saatchi Abel Kaapstad
Adverteerder: IZIKO Museums of South Africa
Silwer
Titel: World AIDS Day WiFi
Agentskap: M&C Saatchi Abel Kaapstad
Adverteerder: MWEB
Eg Suid-Afrikaans – Geïntegreerde Veldtog
Silwer
Titel: #YourLegendLivesOn
Agentskap: Ninety9Cents Communications
Adverteerder: Tassenberg
Silwer
Titel: Ke Yona
Agentskap: Native VML
Adverteerder: Nedbank
Studente: Reklame – Tradisionele Media
Geen toekenning
Studente: Vernuf
Silwer
Vernuf: Tipografie
Titel: Koloniale Bliksem Rhodes
Reklameskool/Tersiêre instelling: Universiteit van Johannesburg
Produk/Diens: Koloniale Bliksem Lettertipes
Student: Osmond Tshuma
Studente: Geïntegreerde Veldtog
Silwer
Titel: Boksem-bier
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Produk/Diens: Boksem Bier
Student: Janus Badenhorst
Silwer
Titel: MK Nooit Alleen Nie
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Produk/Diens: MK
Student: Anja Kocks
Studente: Eg Suid-Afrikaans – Algemeen
Silwer
Titel: Moustache, Jeans, Hair (Veldtog)
Reklameskool/Tersiêre instelling: Vega School of Brand Leadership, Kaapstad
Produk/Diens: Lion Matches
Studente: Michael Southey, Robyn Newham, and Liezl Fourie
Studente: Eg Suid-Afrikaans – Geïntegreerde Veldtog
Goud
Titel: MK - Sosiaal
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Produk/Diens: MK Sosiale Televisie
Student: Judy Kriel
Umpetha-toekenning
Kategorie: Eg Suid-Afrikaans: Televisie
Titel: The Reader
Agentskap: King James Kaapstad
Adverteerder: Bell’s Whisky
Algehele Studentwenner
Student: Judy Kriel
Kategorie: Eg Suid-Afrikaans: Geïntegreerde veldtog
Titel: MK - Sosiaal
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Produk/Diens: MK Sosiale Televisie
Prestige-toekenning
Geen toekenning.
About the author
This is only some dummy text because I dont really know what to write. This is only some dummy text because I dont really know what to write. This is only some dummy text because I dont really know what to write.